∞ ⋈ ∞ ∞ ⋈ ∞ ∞ ⋈ ∞ ∞ ⋈ ∞ ∞ ⋈ ∞ ∞ ⋈ ∞

Hipotetiese definisies vir die idees Waarheid en Liefde

In die konteks van Divided Party (DiP); is hierdie webblad net van toepassing, op een kanton, waar die burgers sal saamstem, die idees Waarheid en Liefde moet bo alles gerespekteer word teen afgodery. Die doel van hierdie blad is om 'n groep bymekaar te kry wat oor definisies vir die twee idees ooreenkom. Leiers in DiP wat nie deel van die ooreenkoms is hier, sal leiers wees van ander kantonne.

Afrikaans word gebruik, want in die relevante kanton, sal Afrikaans die eerste taal wees.

Die voorgestelde definisies word hier gegee en dit kan bespreek word met DISQUS daaronder.

Waarheid

Eerstens moet 'n onderskeid gemaak word tussen die idee Waarheid en die manifestering van waarheid, in woorde. Die idee veroorsaak die manifestering. Die manifestering van die idee in woorde word gekenmerk deur ooreenstemming tussen realiteit en woorde. Realiteit is hoofsaaklik nominalisties, of in ander woorde, ooreenstemming oor 'n gedeelte van alles, per keer. Weersprekings tussen beskrywings van gedeeltes veroorsaak die kosmologiese, wat verband hou met Logos, waaroor nie ooreengestem kan word, holisties gesien. Gedeeltes kan beskryf word met verwysing na plek, tyd en perspektief.

Liefde

Omdat manifestering van die idee Waarheid, despoties kan wees, het die idee Liefde ontstaan. Dit kan bv. beter wees om stil te bly in plaas van om die waarheid uit te blaker. Stilbly is egter gewoonlik ter sprake wanneer self verdediging relevant is. Die verskoning dat waarheid weerhou word van 'n ander vir sy/haar eie beswil is dikwels vals, want meeste mense verkies om die waarheid te weet.

Die idee Liefde is nes Waarheid onderskeibaar van die manifestering van die idee. Die idee veroorsaak die manifestering. Die idee veroorsaak dat mens glo, die beste manier om die suksesvolste samelewing moontlik tot stand te bring, is deur nie euwels te doen aan almal. Nie-doen van euwels, beïnvloed almal. Eers nadat euwels nie gedoen word aan almal, raak goed-doen aan naastes van mens, relevant.